ñ Mond vol tande.

Una's avatarUna se gedagtes.

Ek het nog altyd ñ prentjie van myself gehad, so ñ skoon een waar ek geseënd is met al die wysheid in die wêreld. ñ Mooi, opregte prentjie.

Die ding is, my logika sê as jy baie geleef het, baie foute gemaak het, opgestaan het en jou stukkende knieë verbind het, dan behoort jy ñ dik boek vol antwoorde te hê. ñ Goeie boek, een wat ander kan help en bystaan.

Ja. Sure.

Trieng-trieng… Hello ma se kind. Ounooi, hoekom huil jy so! Wat, wie!!!

O… ek hoor jou…ai, die klein snip… nee, ek vat nie haar kant nie,… Ek luister engel… sjoe… Nee, ek oordeel nie… nee…nee… Ja, ek verstaan, my kind. Jy is reg. Siestog, mamma kry jou so jammer.

Wat? ñ Antwoord? Wat stel ek voor?

…mmm…

Dis wat nou deesdae met my gebeur. Ek sit behoorlik met ñ b..k.. mond vol tande as ek oor…

View original post 367 more words

Leave a comment