
Ek is vanoggend vol dankbaarheid want die donker wolk het gelig. My blogwêreld het vir drie weke op sy kop gaan staan, en ek moes klou so al wat ek kon.
Maar…
Ek het hulp gehad. Julle ouens het my help vasbyt, my aangemoedig, selfs probeer regop help. Elke bemoedigende kommentaar, elke whatsapp en elke prentjie wat aangestuur is, het op ñ hopie kom lê. Die hopie het bly groei en van gisteraand af begin my lewens-tintel weer terugkom.
Ek lees deur ons Rebusfontein sage en skud soos ek lag terwyl ek elkeen van jul karakters in daardie biblioteek ‘sien’ optree. Hierdie lang pad saam het gemaak dat ons nou elk ñ eie persona het, so as ek lees dat die Doom nader geruk word, weet ek Perdebytjie gaan optree. Hester en Positief in ñ gumboot dans is logies, Toortsie met haar kopdoek en baie energie heel normaal. Kameel se…
View original post 110 more words